Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Minder nuwe gevalle van Ebola in Liberië

$
0
0

Daar is ’n sprankie hoop in Liberië, want dit lyk of nuwe gevalle van Ebola afneem.

Die koers van nuwe Ebola-gevalle in dié Wes-Afrika-land blyk af te neem en kan ’n ware neiging weerspieël, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gister gesê, maar die epidemie is nog lank nie verby nie.

Die siekte saai steeds verwoesting in dele van Sierra Leone, en daar is steeds ’n risiko dat die afname in Liberië nie volhoubaar sal wees nie, maan dr. Bruce Aylward, ’n assistent-direkteur-generaal van die WGO.

Amptenare het al telkens tydens die uitbraak gedink die siekte versprei stadiger, maar dan versnel dit weer. Amptenare verkwalik dikwels die vals bedaring op gevalle wat versteek word omdat mense te bang is om behandeling te kry, hul familielede self wil begrawe of bloot nie in aanraking met die owerheid was nie.

Maar nou is daar goeie tekens: Daar is leë beddens in behandelingsentrums in Liberië en die getal begrafnisse het afgeneem. Daar kan ’n week-tot-week-afname van tot 25 persent in Liberië wees, sê Bruce.

Die WGO maan al regdeur die Ebola-uitbraak hul syfers is onvolledig en die getal gevalle word waarskynlik beduidend ondervermeld. Dit is steeds ’n bekommernis, sê Bruce, maar dit blyk steeds ’n werklike neiging te wees.

“Die epidemie (in Liberië) verlangsaam dalk,” het hy tydens ’n perskonferensie per telefoon uit Genève gesê. Die verlangsaming kan toegeskryf word aan ’n snelle toename in veilige begrafnisse van Ebola-slagoffers, ’n opwaartse neiging in die getal siekes wat afgesonder word en groot openbare bewusmakingsveldtogte oor hoe om oordrag te voorkom.”

Tot dusver het meer as 13 700 mense siek geword tydens die uitbraak wat Liberië, Guinee en Sierra Leone die swaarste tref. Die syfer, wat die WGO gister bekendgemaak het, sluit gevalle van vroeër in die uitbraak in wat onlangs in pasiënt-databasisse gevind is, maar nooit aangemeld is nie.

Die siekte het vermoedelik al amper 5 000 mense se lewe geëis.

Bruce maan daarteen om te veel af te lei uit die afname in Liberië, en sê enige verslapping in die reaksie kan die siekte weer skerp laat toeneem.

“Is ek hoopvol? Ek is vreesbevange die inligting word wanvertolk en mense begin dink: O, wonderlik, dis onder beheer,” sê hy. “Dis soos om te sê jou troetel-tier is onder beheer. Daar is ’n groot gevaar dat dit nie volgehou sal word nie. Dit sal ’n groot fout wees . . . om te dink ons kan die reaksie afskaal.”

Kenners moet liewer hul pogings verdubbel om tred te hou van al die mense met wie die siekes in aanraking gekom het, ’n taak wat in baie dele van die uitbraak bykans onmoontlik was weens die groot getal gevalle.

Buite Liberië wag daar ook nog ontsaglike werk. In die weste van Sierra Leone, naby die hoofstad, was daar onlangs ’n standhoudende toename in gevalle.

-Sapa/AP


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>