WAARSKUWING: GRAFIESE VIDEOMATERIAAL VAN MEDIESE PROSEDURE
Het jy al ooit gewonder hoe dit lyk wanneer jou mangels verwyder word?
Wel, die Amerikaner dr. Bryan Richards het besluit om die prosedure te verfilm.
En blykbaar wil die hele wêreld dit sien; die video’s is al meer as 2,7 miljoen keer op YouTube gekyk.
“Omdat ek die proses elke dag moet verduidelik, het ek gedink ’n video sal alles makliker maak,” het hy gesê.
“Maar nadat ek die video aan ’n paar pasiënte gewys het, het ek besef amper die helfte van hulle kan dit nie kyk nie.
“Sommige van hulle is geboei, maar ander raak weer naar. Ek het maar die idee laat vaar om dit as ’n opvoedkundige video te gebruik.”
Bronne: tannerclinic.com, themirror.co.uk