Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 30-40 minute
Gaarmaaktyd: sowat 15 minute
400 g gaar hoender, in fyn stukkies gesny
250 ml (1 k) mayonnaise
80 g agurkies, fyn gekap
1 ui, fyn gekap
10 grasuie, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
sowat 40 g botter, gesmelt
sowat 30 ml (2 e) kookolie
sowat 15 velle filodeeg
100 g mozzarellakaas, gerasper
basilieblare vir garnering (opsioneel)
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Smeer ’n groot bakplaat met olie en bedek met bakpapier.
- Meng die hoender, mayonnaise, agurkies, ui, grasuie, sout en peper.
- Meng die botter en olie en verf elke filovel met die mengsel. Sny die velle in die helfte.
- Skep groot lepels vol van die hoendermengsel op die punt van elke filohelfte en strooi ’n bietjie kaas oor. Bring die kante van die filodeeg na mekaar toe en rol die rolletjies op.
- Plaas die rolletjies op die bakplaat en bak sowat 15 minute of tot bros en gaar.
- Garneer met basilieblare indien verkies.