Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Wen kaartjies na bekroonde Rondomskrik-toneelstuk

$
0
0

Die bekroonde teaterstuk Rondomskrik, wat op die roerende Anene Booysen-storie gebaseer is, speel eersdaags in die Kaap. Tien mense kan elk ’n dubbelkaartjie wen na die vertoning van Vrydag 7 November by die Baxter-teater in Rosebank, Kaapstad.

rondom2

Die storie?

Jasmine Jacobs (Shaleen Surtie-Richards) is haar lewe lank al ’n onderwyser: eers in Bonteheuwel en toe in ’n klein dorpie tussen die Karoo en die Overberg: Rondomskrik. In haar werk het sy haar pa se fakkel probeer dra – hy het vir haar geleer dat al wat jy vir kinders moet leer, is dat hulle bo hulle omstandighede kan uitstyg, kan wegvlieg. Dan ontmoet sy vir Antjie Fortuin (Crystal-Donna Roberts), op haar siegretbeentjies, met haar hakkelende boetie aan die hand ’n vlammetjie wat nog helder brand in haar ogies. En Jasmien probeer – tussen die gangsters, die alkohol, die hop-huisies, die onbetrokke ouers. En dan daardie Vrydagaand, is daar’n perfekte storm van boosheid, van ongeërg wees, van wegkyk.

Hierdie verhoogstuk, deur die span van Die Naaimasjien (teks deur Rachelle Greeff en regie deur Hennie van Greunen) neem die moord en verkragting van Anene Booysen as inspirasie vir ’n produksie wat snaaks, hartseer en bowenal deernisvol en hoopvol is.

Met Shaleen Surtie-Richards, Lee-Ann van Rooi, Crystal Donna Roberts, Richard September

Toekennings:

  • 6 Kanna nominasies by ABSA KKNK
  • Kanna-wenner Richard September vir sy spel
  • Spesiale vermelding deur die Kanna-paneel vir ensemblespel
  • ATKV Woordveertjie wenner vir dramateks

Wat jy moet weet as jy wil deelneem

  • DATUM Vrydag 7 November
  • WAAR Baxter-teater in Rosebank, in Kaapstad./li>
  • LET WEL As jy deelneem moet jy in gedagte hou dat die Baxter-teater in Kaapstad is

Ken jy ‘n vrou wat ‘n verskil maak onder die kinders in jóú gemeenskap? Benoem haar en sy kan ook wen.

Vul die vormpie in om deel te neem: 

As jy kaartjies wil koop, bespreek by Computicket

Bepalings & Voorwaardes

  • Die kompetisie sluit Maandag 3 November 2014 om 12:00.
  • Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.
  • Die tien wenners sal lukraak gekies word en gekontak word.
  • Die kaartjies is nie oordraagbaar na ander vertonings van Rondomskrik nie.
  • Wenners is verantwoordelik vir eie reis- en verblyfkostes.
  • Die kies van die wenners is finaal en daar sal geen korrespondensie daaroor gevoer word nie.
  • Die prysborg is verantwoordelik vir die aflewering van die pryse.
  • Deur in te skryf vir hierdie kompetisie word jy outomaties geregistreer om ons nuusbrief en ander spesiale aanbiedinge via e-pos te ontvang.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>