Lewer 1 vierlaagkoek
Bereiding: 30 minute
Verkoeltyd: oornag
VULSEL
250 g botter
60 ml (¼ k) strooisuiker
1 blik (385 g) kondensmelk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 ml (¼ t) amandelgeursel
5 ml (1 t) suurlemoensap
5 ml (1 t) kremetart
15 ml (1 e) gelatien,
gespons in 50 ml water
375 ml (1½ k) kombinasie van glanskersies, ingelegde gemmerstukke en gekapte neute
KOEK
2 gekoopte sponskoeke, elkeen in die helfte gesny
versiersuiker vir afronding
Spuit en voer ’n koekpan van dieselfde grootte as die sponskoeke met bakpapier uit
- Vulsel Verroom die botter en suiker. Klits die kondensmelk, vanielje- en amandelgeursel, suurlemoensap en kremetart by.
- Smelt die gelatien en giet stadig by die mengsel terwyl geklits word.
- Vou die vrugte en neute by die mengsel in.
- Koek Plaas ’n koeklaag onder in die pan en smeer ’n laag van die vulsel oor plaas nog ’n koeklaag bo-op. Herhaal tot al die vulsel opgebruik is eindig met ’n sponskoeklaag.
- Druk goed vas in die pan en plaas oornag in die yskas.
- Ontvorm en stuif met versiersuiker.