Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hoenderlewer-quesadilla

$
0
0

Die lewer kan vervang word deur gaar, gepluiste hoender of selfs maalvleis.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 35-40 min.

UIE
15 ml (1 e) botter
3 uie, in skyfies gesny
15 ml (1 e) bruinsuiker
LEWER
500 g hoenderlewers, skoongemaak en afgespoel
sout en peper
15 ml (1 e) olie
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml (1 e) groenpeperkorrels, gekap
250 ml (1 k) room
5 ml (1 t) mielieblom,
opgelos in 10 ml (2 t) water
15-30 ml (1-2 e) periperisous
QUESADILLA
4 tortillas
1 bos spinasie, skoongemaak en die wit stele afgesny
1 soetrissie, in blokkies gesny
100 g mozzarellakaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n groot bakplaat met kossproei.

  1. Uie Verhit die botter in ’n pan en braai die uie tot gekaramelliseer. Roer die bruinsuiker deur en roerbraai tot gesmelt. Skep uit en hou eenkant.
  2. Lewer Geur die hoenderlewer met die sout en peper. Verhit die olie en braai die lewers in sarsies tot net gaar. Skep uit en hou eenkant.
  3. Braai die knoffel in die pan tot geurig. Voeg die peperkorrels en die room by en laat ’n paar minute prut.
  4. Voeg die mielieblom en peri-perisous by en laat prut tot effens verdik.
  5. Quesadilla Sit een tortilla op die bakplaat. Stapel van die spinasieblare, lewer, uie, soetrissie en kaas op die tortilla. Herhaal tot al die bestanddele op is en eindig met kaas bo-op die quesadilla.
  6. Bak 15-20 min. in die oond, sny in skywe en sit voor.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>