Brittanje se hertogin van Cambridge was onlangs op ’n partytjie haar “glimlaggende, borrelende” self.
Die 32-jarige koninklike verwag ’n baba in April. Sy en haar man, prins William, het reeds ’n 15 maande oue seun, prins George. Met albei swangerskappe het Catherine gesukkel met kwaai oggendnaarheid, al was dit onopvallend op ’n onlangse partytjie op haar tuisdorp, Bucklebury.
“Sy was haar glimlaggende, borrelende self,” het ’n gas aan die tydskrif People gesê. “Jy sou nooit raai dat sy naar was nie.”
Catherine was tydens haar eerste swangerskap so siek dat sy gehospitaliseer is wat veroorsaak het dat sy en William die swangerskap vroeër aangekondig het as wat hulle beplan het. Dié keer is sy nie in ’n hospitaal behandel nie, maar was sewe weke uit die openbare oog.
Sy het Woensdag terugkeer na die kollig tydens die president van Singapoer se staatsbesoek. Sy het gespog in ’n pasgemaakte Alexander McQueen-jas. Daardie aand het sy ’n poeierblou Jenny Packham-rok gedra vir ’n geleentheid by die Natuurgeskiedenismuseum in Londen. Die rok het ’n korter soom voor gehad, maar daar was nie tekens van ’n babamagie nie.
Vroeër vandeesweek het Kensington-paleis aangekondig William en Catherine se baba sal in April volgende jaar sy of haar opwagting maak. Luidens die verklaring voel die hertogin beter, maar het nog nie heeltemal van die oggendnaarheid herstel nie.
“Dit is nie akkuraat om te sê dat sy piekfyn is nie,” het die persoon in die binnekring gesê. “Sy voel nog die oggendnaarheid se uitwerking, maar sy is beslis aan die herstel.”
© Cover Media