Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Shrien Dewani se verdediging laat nog ‘n getuie struikel

$
0
0

’n Polisiebeampte wat die voorstelling gereël het van hoe Anni Dewani geskiet is, het Woensdag erken die voorstelling het verskil van dié van die oorspronklike voorval.

Die ballistiese kenner Pieter Engelbrecht het glo geweifel terwyl Pieter Botha, vir die beskuldigde Shrien Dewani, hom ondervra het oor drie video’s oor die heruitvoering wat in die hooggeregshof in Kaapstad gewys is.

Die eerste video wys ’n vrou op die regteragtersitplek wat deur iemand in die passasiersitplek geskiet is, terwyl die ander twee ’n vrou in dieselfde posisie wys wat geskiet word deur ’n man wat die linkeragterdeur oopmaak.

Pieter het getuig dat hy ’n Volkswagen Sharan ondersoek het wat soortgelyk is aan die een wat gekaap is en hy het ook die afstand tussen die sitplekke gemeet.

Hy het erken die voertuig wat hulle gebruik het, was ’n ander model en dit sou moeilik wees om die oorspronklike voertuig te kry wat aan die veroordeelde moordenaar Zola Tongo behoort, wat ’n vonnis van 18 jaar uitdien vir sy rol in die moord.

“Ek probeer steeds verstaan wat jy wou bereik met metings van ’n voertuig wat niks met die oorspronklike voertuig verband hou nie,” het die prokureur kopskuddend gesê.

Shrien het opgewonde voorgekom. Hy het dikwels sy kop geskud, met tye geglimlag, na die dak gekyk en iets gefluister.

Anni is in November 2010 tydens haar wittebrood in Kaapstad vermoor. Haar man, Shrien, word daarvan verdink dat hy iets daarmee te doen gehad het, maar hy het skuld ontken op al vyf aanklagte teen hom en hou vol hulle was op 13 November 2010die slagoffers van ’n kaping. Die staat voer aan Shrien het ander R15 000 betaal om die kaping te versin.

Anni se lewelose liggaam is die volgende dag in die verlate voertuig in Khayelitsha gevind.

‘Het jy die voorste passasiersitplek in dieselfde posisie geplaas toe jy jou toetse uitvoer?’

Met verwysing na foto’s van die voertuig wat by die toneel geneem is, het Pieter gesê dis baie duidelik die voorste passasiersitplek was verder vorentoe geskuif as die bestuurdersitplek.

Pieter het gesê hy kon nie die verskil sien nie. Eindelik het hy toegegee dat die passasiersitplek verder vorentoe geskuif is.

“Het jy die voorste passasiersitplek in dieselfde posisie geplaas toe jy jou toetse uitvoer?” is gevra.

Pieter het geantwoord dat hy geen verstellings aan die toetsvoertuig gemaak het nie. Hy het gesê die middelste agtersitplek was ook verder vorentoe vergeleke met die linkeragtersitplek. Die verdediging het toe die mate gevra wat Pieter van die oorspronklike voertuig geneem het, maar hy het gesê hy het dit nie by hom nie.

Die aanklaer, Adrian Mopp, het gesê Pieter se notas is met die verdediging gedeel. Pieter het die getuie in kennis gestel dat die oorspronklike voertuig ’n nuwe ry agtersitplekke gehad het wat armleunings het.

Regt. Jeanette Traverso het hulle onderbreek en “as leek” gevra of dit nie van die uiterste belang is nie om die presiese afmetings te hê wanneer ’n gevolgtrekking oor die skietvoorval die doelwit is. “Nee, jy is reg,” het Pieter gesê terwyl hy ongemaklik gelyk het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>