Donderdagaand, 23 Oktober om 20h00 net op BRAVO!
Ons begin met ‘n kykie agter die skerms van hoe rolprentklere gemaak word en wat alles daarmee gepaard gaan by HOLLYWOOD COSTUMES.
Ons kuier by twee Villa Rosa-sterre: ELSJE TIELEMAN en JACQUES PEPLER en sien hoe Elsje haarself reg kry vir haar troue.
En woon ‘n besonderse fondsinsameling by vir HUIS JABES saam net die manne in Groen en Goud!
Dit is een wat jy beslis nie wil misloop nie, en dit alles gebeur Donderdagaand, 23 Oktober om 20h00 net op BRAVO!
Die herhalings is Vrydag 14h30; Saterdag 22h30; en Sondag 02h30
* Die program is opgeneem by die Ocean View House, Bakoven (Kaapstad).