Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Só het Oscar ander gehelp

$
0
0

Petrus van Zyl, Oscar Pistorius se bestuurder, het ’n lys beurse, handelsmerke, liefdadigheidsorganisasies en minstens een beroemde tennisspeler genoem met wie die atleet betrokke was.

Oscar_04

Vonnisverrigtinge vir Oscar Pistorius het Maandag ná middagete in die hooggeregshof in Pretoria voortgegaan; die Paralimpiese atleet se bestuurder het getuig oor sy liefdadigheidswerk.

Petrus van Zyl, onder leiding van Barry Roux, vir Oscar, het ’n lys beurse, handelsmerke, liefdadigheidsorganisasies en minstens een beroemde tennisspeler genoem met wie Oscar betrokke was.

Foto’s saam met weeskinders, werk vir Unicef in Tanzanië vir bewustheid oor malaria en ’n verskyning by die bekendstelling van die beroepstennisspeler Novak Djokovic se stigting in 2012 is onder die prestasies wat Petrus genoem het.

Petrus het ook onthul dat Oscar beplan het om in 2017 uit atletiek te tree.

Op 12 September is Oscar skuldig bevind aan die strafbare manslag van sy meisie, die model en regsgeleerde Reeva Steenkamp, maar nie van haar moord nie.

Regt. Thokozile Masipa het hom skuldig bevind van die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar. Hy het sy vriend Darren Fresco se Glock-pistool in Januarie verlede jaar by die restaurant Tasha’s in Melrose Arch, Johannesburg, afgevuur.

Oscar het beweer hy het gedink daar is ’n inbreker in sy toilet toe hy op Valentynsdag verlede jaar vier skote deur die deur afvuur en Reeva doodskiet. Die staat voer aan hy het haar tydens ’n rusie doodgeskiet.

Oscar is onskuldig bevind aan twee vuurwapen-verwante klagte – die onwettige besit van ammunisie en die afvuur van ’n vuurwapen deur die oop sondak van ’n motor op 30 September 2012 toe hy saam met vriende in Modderfontein was.

- Sapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>