Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Honda se sakpas-ryding vir gesinne hier

$
0
0

Honda gaan jong gesinne breed laat glimlag met die Suid-Afrikaanse bekendstelling van die splinternuwe Mobilio-veeldoelvoertuig.


Dié nuwe veelsydige sewesitplek-ryding sal meeding met die Suzuki Ertiga en Toyota Avanza.

Die Mobilio is met ’n keuse van twee toerustingsvlakke – Trend en Comfort – beskikbaar, en word in albei gevalle aangedryf deur ’n 1,5 L-petrolenjin, wat reeds in die Ballade sy staal getoon het. Maksimum kraglewering is 88 kW teen 6 600 r.p.m., gekoppel aan ’n wringkragpiek van 145 Nm by 4 600 r.p.m.

‘Honda maak daarop aanspraak dat die Mobilio sedansoort ruimte bied.’

Binnelangs is daar volgens Honda gemaklike sitplekke, genoeg been- en kopruimte vir al drie rye sitplekke en hope pakplek.

Honda maak daarop aanspraak dat die Mobilio sedansoort ruimte bied, maar met die bykomende voordeel van drie rye sitplekke.

Die tweede ry sitplekke is 60:40 verdeel en het ’n gly-en-terugleunfunksie wat sorg dat die beskikbare ruimte optimaal benut kan word.

Die groot deuropening en die tweede ry sitplekke se vermoë om met ’n enkele beweging platgevou te word, beteken toegang tot die derde ry sitplekke is maklik en gerieflik.

Die derde ry sitplekke is 50:50 verdeel, met ’n terugleunfunksie, en bied genoeg beenruimte. Albei sitplekrye kan platgevou en vorentoe getuimel word om die laairuim ten volle te benut. Selfs met die sitplekke bied die Mobilio ’n volle 223 L pakplek, wat tot 521 L vermeerder wanneer die derde ry sitplekke platgevou word.

Die lys aktiewe en passiewe veiligheidskenmerke sluit dubbele lugsakke voor, nekstutte, voorste rukstopgordels met voorspanners en lasbeperkers, en ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding in.

Die Mobilio het ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km, terwyl ’n AA-padbystanddiens van een jaar ook ingesluit is. Daarbenewens baat die Comfort-weergawe by ’n diensplan van twee jaar of 30 000 km.

Pryse
Honda Mobilio 1,5 Trend-handrat: R179 990
Honda Mobilio 1,5 Comfort-handrat: R198 990


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>