Die naweek is propvol TV-vermaak vir ieder en elk – en die kleinspan kan veral uitsien na die gewilde Frozen-tekenprent.
Vrydag
Rocky II
e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30
Rocky Balboa is taai verby – hy het in hul eerste boksgeveg lekker pak gekry, nou kom hy weer teen Apollo Creed in die kryt te staan. Vasbyt, Rocky!
The Gods Must Be Crazy
SABC3 (DStv-kanaal 193) 21:00
’n Khoisan-jagter se familie en stam word amper uitmekaargeskeur deur ’n glasbottel wat uit die lug val. Ons held se enigste keuse is om na die einde van die wêreld te reis en dit weg te gooi – maar dis makliker gesê as gedaan; daar lê dol avonture vir hom voor.
Bullet to the Head
M-Net (DStv-kanaal 101) 02:00
’n Polisieman en ’n huurmoordenaar is ’n onwaarskynlike span, maar dit is die geval toe hulle ’n gemeenskaplike vyand het, en hulle hom meer haat as mekaar.
Saterdag
Barbershop
e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00
’n Man neem sy oorlede pa se haarkapperswinkel oor en leer stadig dit is nie ’n onderneming en werknemers waarmee hy te doen het nie; dit is ’n groot, liefdevolle familie wat hom so nodig het soos hy hulle.
Elizabeth: The Golden Age
SABC2 (DStv-kanaal 192) 21:00
Dis 1588 en koningin Elizabeth I het baie hooi op haar vurk – sluipmoordaanvalle, Spanje wat regmaak om Engeland binne te val en ’n minnaar of twee wat sy versteek moet hou.
Flight
M-Net (DStv-kanaal 101) 00:45
’n Vlieënier bewys sy staal en voer ’n geslaagde noodlanding met ’n passasierstraler uit. Maar dan moet hy bloedtoetse ondergaan en die uitslae toon dat hy onder die invloed van drank en dwelms was. Is hy werklik die held wat mense dink hy is?
Sondag
12 Rounds
e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00
’n Speurder se meisie word ontvoer en hy kry 12 raaisels om op te los sodat hy haar weer lewend kan sien. En omdat dit ’n fliek van WWE Studios is, is daar net een man wat die held kan speel: John Cena.
Homefront
M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05
’n Gewese DEA-agent en sy dogter trek na ’n stil dorpie vir ’n nuwe begin. Min weet hy hy sal binnekort om hul lewe moet veg weens die dwelmhandelaars en gewelddadige bendes wat ook daarheen uitgewyk het.
The Man Who Knew Too Little
e.tv (DStv-kanaal 194) 22:10
’n Amerikaanse toeris reis Londen toe en raak betrokke by ’n sluipmoord-sameswering en internasionale spioenasie toe hy vir ’n geheime agent aangesien word.