Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kelly Clarkson se groot aakondiging

$
0
0

Kelly Clarkson trou op 20 Oktober in Nashville met Brandon Blackstock, en Blake Shelton sal die plegtigheid behartig.

Kelly Clarkson trou op 20 Oktober met Brandon Blackstock.

Die Stronger-sangeres, wat in Desember aan die musiekbestuurder verloof geraak het, het onlangs haar troudatum met ’n kaartjie bekendgemaak. Sy sal in Nashville, Tennessee, afhaak.

Die skindertydskrif RadarOnline.com het een van die eenvoudige geel-en-bruin kaartjies in die hande gekry. Daarop staan: “Maak ’n aantekening van Kelly en Brandon se troudatum”. Die datum en plek word ook aangedui en daar staan verder: “Formele uitnodigings sal volg.”

Blake Shelton, wat deur Brandon bestuur word en een van Kelly se beste pelle is, sal die plegtigheid lei.

Die 30-jarige American Idol-wenner het onlangs erken die troureëlings “oorweldig” haar en sy sukkel om haar gastelys onder beheer te hou.

Sy het verduidelik: “Die reëlings vir die troue oorweldig ons ’n bietjie. Ons wil dit vanjaar in die herfs hou en oorweeg dit om dit buite te hou. Ons probeer dit klein hou, maar dis moeilik. Ek het letterlik twee weke gelede ’n ineenstorting oor die gastelys gehad.

“Ek is vreesbevange daaroor dat almal sal kyk hoe ek kansel toe stap.”

Die sangeres het voorheen haar verhouding haar “grootste prestasie” genoem nadat sy dit jare lank ongelukkig met die liefde getref het.

Sy het gesê: “Ek het halsoorkop verlief geraak. Ek het! Ek weet dis soetsappig! Ek weet nie. Jou prioriteite verander en jy word gelukkig en al daardie goed. Dis waarskynlik my grootste prestasie, veral omdat ek nie gedink het dit sou met my gebeur nie.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>