Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jack Parow in hegtenis

$
0
0

 

Die Afrikaanse rapper Jack Parow is volgens berigte in hegtenis geneem.

Sy mediaspan het ’n verklaring uitgereik waarin staan Jack is vanoggend in die vroeë oggendure aangehou vir beweerde rusversteuring. Die rapper en vriende was by die Vaalkopdam, sowat 60 km suidoos van Northam, waar die gewilde Oppikoppi-fees eerskomende naweek gehou sal word. Hy en ’n vriend het glo vroegoggend met ’n katamaran op die water uitgegaan en in die proses ’n groot geraas veroorsaak.

Jack beweer nadat hulle gevra is om stil te wees, het hy vreedsaam teruggekeer en vir die owerhede verduidelik hulle het ’n boot geleen. Hulle word tans aangehou op klagte van openbare oproer en rusversteuring.

Daar is bespiegel die nuus is bloot ’n grap, maar Louise Crouse, Jack se publisiteitsbestuurder, het die nuus aan Huisgenoot se susterspublikasie YOU bevestig. “Dis waar. Jack het ons vanoggend gebel en daarvan vertel.”

Jack was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

- Jessica Levitt


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>