Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Klub-steak met gekneusde aartappels

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 30-35 min.

AARTAPPELS
350 g baba-aartappels
45 ml (3 e) olyfolie
5 ml (1 e) growwe sout
PREIE
4 preie
5 ml (1 t) suiker
10 ml (2 t) botter
5 ml (1 t) olyfolie
STEAK
2 groot klub-steaks of 4 kleiner steaks
30 ml (2 e) braaispeserye
vars gemaalde peper
15 ml (1 e) olie
30 ml (2 e) botter

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Aartappels Versprei die aartappels op ’n bakplaat, meng die olyfolie deur en besprinkel met die sout. Braai 30 min. of tot goudbruin en gaar in die oond.
  2. Preie Verhoog die oondtemperatuur tot 230 °C. Sny die preie in die lengte en maak die blare los van mekaar. Versprei op ’n groot bakplaat. Meng die res van die bestanddele deur. Rooster 3-5 min. tot effens bros.
  3. Steak Sit die roosterelement van die oond aan. Geur die steak met die braaispeserye en vars gemaalde peper, en smeer met die olie.
  4. Verhit ’n pan tot baie warm en seël die steaks aan albei kante. Pak op ’n bakplaat, smeer die botter oor en braai nog 5-8 min. of tot gaar soos verkies in die oond.
  5. Kneus die aartappels liggies en sit saam met die steak en preie voor.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>