Laat jou tiener dit kyk as hulle jou lastig val oor ’n tatoe kry!
Die dapper YouTube-“wetenskaplike” en aanbieder van die aanlyn videoreeks Smarter Every Day, slegs bekend as Destin, het besluit hy wil sy kykers wys presies hoe dit lyk om ’n tatoe te kry. Hy het toe by ’n tatoesalon in Amerika gestap en gevra of hy die proses kan verfilm.
Die tatoekunstenaar Leah verduidelik die hele proses, van hoe die tatoemasjien werk tot hoe die ink permanent in die vel geëts word.
Kyk na van die grepe onder, of kyk die hele video.
Hierdie grafiese video is nie geskik vir sensitiewe kykers nie.
Ekstra bron: buzzfeed.com