Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Romerige kerriehoender-tortillas

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 15-20 min.

4 hoenderborsfilette, in blokke gesny
sout en peper
15 ml (1 e) olyfolie
5 ml (1 t) fyn gerasperde
vars gemmer
2 knoffelhuisies, fyngedruk
SOUS
15 ml (1 e) olie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1 kaneelstokkie
15 ml (1 e) geroosterde kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
knippie suiker
125 ml (½ k) room
125 ml (½ k) Griekse jogurt
TORTILLAS
4 tortillas
4 stingeluie, gekap
½ komkommer, in klein blokkies gesny
2 tamaties, in blokkies gesny
1 rooi-ui, gekap

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Geur die hoenderblokkies met die sout en vars gemaalde peper. Smeer met die olie, gemmer en knoffel.
  2. Ryg aan kebabstokkies en pak op ’n bakplaat. Rooster 15-20 min. of tot gaar. Die kebabs kan ook oor matige kole tot gaar gebraai word
  3. Sous Verhit die olie in ’n pan en braai die ui, knoffel en kaneelstokkie tot geurig.
  4. Voeg die speserye by en roerbraai ’n paar sekondes.
  5. Voeg die res van die sousbestanddele by en laat liggies prut tot die sous effens verdik. Giet die sous oor die kebabs.
  6. Tortillas Pak die tortillas en die res van die bestanddele op ’n bord. Laat elkeen sy eie tortilla maak.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>