Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hawermout: Die volmaakte ontbyt

$
0
0

Aangesien ontbyt die belangrikste maaltyd van die dag is, is dit ’n goeie idee om die regte keuse te maak wanneer jy besluit wat om te eet. Daar is so baie opsies – van roosterbrood tot ontbygraan en gebraaide ontbyt tot vrugte en jogurt. Maar een van die beste goed wat jy soggens kan eet, is hawermout. En Popsugar het al die redes waarom:

Dit hou jou versadig

Die bied die kilojoules en vesel wat jy nodig het om heel oggend versadig te bly. Anders as soet ontbytpappe vol verfynde koolhidtrate, verteer die liggaam hawermout stadiger. Sodoende hou dit jou suikervlakke egalig, jou energievlakke hoog en die honger weg.

Dit help jou koolhidtrate op die regte tyd eet

Vir gewigsverlies moet jy koolhidrate vir ontbyt eet. Shira Lenchewski, ’n voedingkundige en geregistreerde dieetkundige van Manhattan, sê: “(Koolhidrate) word soggens doeltreffender verbrand as saans” en bly daarom nie ongebruik en word as vet in die liggaam opgegaar nie. Shira beveel ook aan dat ontbyt die grootste maaltyd (met meer koolhidrate) van die dag moet wees.

Die wetenskap ondersteun dit

In ’n klein ondersoek het mense wat ses weke lank elke dag hawermout geëet het ’n groter afname in cholesterolvlakke en middelomtrek ervaar as mense wat oor dieselfde tydperk ewe veel koolhidtrae in die vorm van noedels geëet het.

Dit word vinnig aanmekaargeslaan  

Gerolde hawermout neem minder as tien minute om te berei. Dit vat dalk ’n bietjie langer as die kitspakkie waaraan jy gewoond is, maar die variëteite bevat nie die  bygevoegde suikers wat die gegeurde pakkies dikwels bevat nie. Jy kan ook oornaghawermout kies wat net ’n bietjie voorbereiding die vorige aand verg en die volgende oggend reg is om uit die yskas te eet.

Die moontlikhede is eindeloos

Hierdie heilsame ontbyt hoef nooit vervelig te raak nie. Kikker jou bak hawermout op om jou maaltyd vars, vullend en smaaklik te hou. Voeg ’n klein piesang, vetvrye Griekse jogurt en ’n paar gekapte okkerneute by of ’n klein appel in blokkies gesny met kaneel en amandels. Vir ’n meer tropiese weergawe kan jy gekapte pynappel, rosyne en ’n eetlepel onversoete versnipperde kokosneut byvoeg.

© Cover Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>