Dit is vanaand op die kassie:
17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.
17:30 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span kuier by die aktrise Nicola Hanekom en haar kunstenaar-suster, Sandra, op Piketberg. Hulle onthul ook vanjaar se wenner van Sarie se voorbladgesig-kompetisie. En hulle woon ’n glansgeleentheid by waar Andriëtte Norman vereer word.
18:00 Villa Rosa (kykNET): Sussie en Anthony kan nie saamstem oor haar planne om ’n gebou te koop en te restoureer nie. Iets skokkend gebeur wat veroorsaak dat Eben vir Astrid verdink van vuil spel. Marius probeer vrede met Vicky maak. Carina raak al hoe meer verwyderd van almal. Astrid het genoeg gehad van Eben se gedrag.
18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.
18:30 7de Laan (SABC2): Hilda vang vir Oubaas uit en die vonke spat. ’n Ou vriend van Paula is terug in Hillside.
18:30 Binnelanders (kykNET): Daleen en Tertius vind Judith se aanslag problematies. Quinton ondersteun Christa in haar poging om by Dokter-Dokter betrokke te raak, terwyl die Malherbes se droom skielik ‘n realiteit word.
19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Dikwels is ons eenvoudig te bang om iemand vir ete te nooi. Jou gas is dalk ‘n uitstekende kok, professionele sjef of wêrelsreisiger wat net aan die beste gewoond is. In so ‘n geval sit Nataniël net bestanddele voor – heerlike kase, vars groente, koue vleise, vrugte, goeie wyn, sjokolade - elkeen help homself en die moontlikhede is onbeperk. Geen kompetisie, geen spanning. ‘n Tafel vol goeie bestanddele is dikwels gesonder en meer treffend as ‘n ingewikkelde spyskaart!
20:00 Rules of Engagement (SABC3): Twee paartjies en ’n enkellopende vriend leer hoe om die probleme in hul verhoudings te hanteer.
20:00 Just Shoot Me (e.tv): Elliott se beeldskone meisie pla vir Maya. Finch en Nina bly skelmpies by die werk.
20:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.
20:30 Tongue in Cheek (SABC3): Die modekenners Carolyn Steyn, Michael de Pinna, Anele Mdoda en Sashi Nadoo vertel ons weekliks wat die nuutste modeneigings is.