Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vyf dieetfoute

$
0
0

Deur Jane McGroarty:

Hier is vyf algemene dieetstrikke waarin baie mense trap, waarsku Dianne Ivison, ’n geregistreerde dieetkundige van die Kaap.

  1. Beloftes van “met dié dieet kan jy binne ’n week 4 kg afskud”. As dit te goed klink om waar te wees, is dit waarskynlik. Daar is geen kitsoplossing vir ’n langtermynprobleem nie. Maak klein, volhoubare veranderings aan jou eetgewoontes.
  2. Die beginsel van “die dieet het vir my vriendin gewerk”. Een grootte pas nie almal nie. Moenie deur mense beïnvloed word nie en raadpleeg altyd eers jou dokter of ’n dieetkundige voor jy met iets nuuts begin.
  3. Die idee dat inspuitings, dieetskommels en pille alleen vinnige verslanking meebring. Niks hiervan werk sonder ’n gesonde eetplan en oefenprogram nie.
  4. Die voorneme om jou elke dag te weeg. Dit sal aan die begin lyk of jy vining gewig afskud, maar dis danksy ’n verlies aan water. Die waterinhoud van jou lyf kan elke dag wissel, wat jou gewig sal raak. Klim liewer net een keer per week op die skaal.
  5. Die voorneme om net ’n maand op ’n dieet te wees. Dis die grootste fout wat mense begaan. Diëte werk nie, dis leefstylveranderings wat werk.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>