Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Tiramisu

$
0
0

Die volmaakte saamneem-nagereg. Ons het dié klassieke Italiaanse laag-op-laag-gereg ’n bietjie aangepas en in flesse berei sodat ’n mens dit maklik saam kan neem vir ’n piekniek.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 25 min.
Verkoel: 2 uur

4 eiers, geskei
250 ml (1 k) strooisuiker
500 g mascarponekaas
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
250 ml (1 k) sterk, koue koffie
’n skeut Cape Velvet-likeur (opsioneel)
200 g vingerkoekies
250 g karamelkondensmelk
kakaopoeier vir bestuif

  1. Klits die eiergele en strooisuiker saam in ’n groot mengbak tot lig en skuimerig. Meng die mascarpone en vanielje-ekstrak in tot goed gemeng en sit dan eenkant.
  2. Klits die eierwitte in ’n skoon bak tot styf. Voeg ’n lepel vol van die geklitste eierwitte by die eiergeelmengsel en roer deur. Voeg die res van die eierwitte by en vou sagkens deur.
  3. Meng die koffie en likeur (indien gebruik) in ’n wye bak. Doop die vingerkoekies in die vloeistof en rangskik dit dan op die bodem van 4 glasflesse. Hou ’n paar eenkant vir garnering.
  4. Smeer versigtig ’n laag van die mascarpone-mengsel bo-oor en skep ’n paar eetlepels van die karamel oor. Herhaal met die res van die bestanddele en eindig met ’n laag van die mascarpone-mengsel.
  5. Bestuif met ’n bietjie kakaopoeier en garneer met die vingerkoekies wat jy eenkant gehou het. Verkoel 2 uur in die koelkas voor jy dit voorsit.

Deur Hope MalauFoto: David Briers


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>