Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Wêreldbeker-horlosie staan stil

$
0
0

Die amptelike aftellingshorlosie van die Wêreldbekersokkertoernooi in Rio de Janeiro het gaan staan.

Hoewel dit minder as 11 maande is voor die begin van volgende jaar se toernooi, wys die horlosie daar is nog 365 dae oor. Die horlosie is by die Copacabana-strand opgestel.

Die Hublot-oorlosie staan sedert die pous se besoek aan Rio ’n paar weke gelede. Miljoene mense het tydens sy besoek misdienste op die bekende strand bygewoon.

Plaaslike organiseerders het Donderdag in ’n verslag gesê hulle weet van die fout en dat “die maatskappy wat die horlosie moet onderhou die tegniese probleem binnekort sal regstel”.

Daar was allerweë kommer oor Brasilië se gereedheid vir die sokkertoernooi, want daar was vroeër van jaar baie vertragings met die voorbereidings vir die Konfederasiebeker.

– Sapa

sapalogo

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>