Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 18 September 2014

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman


VERJAARDAGVERSLAG:
Vanjaar bring jou by ’n keerpunt in jou loopbaan. Jy begin dink aan werk met kontrakte of ooreenkomste. Jy sal deur die jaar baie ontdekkings doen. Daar is goeie vooruitsigte vir verhoudings.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie babas is mooi en het ’n aangename geaardheid. Hulle sal gewild wees onder hul tydgenote. Hulle sal vele veranderings en reise beleef, en baie daarvan sal op hulle afgedwing word. Hulle sal moontlik ’n bietjie te liggelowig wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Neptunus is bedrywig in jou hoek van die huwelik en intimiteit. Hierdie posisie van Neptunus kan betowering skep. Al wat jy dan moet doen, is om die tyd, plek en geleentheid te skep, en betowerende goed gehoort te gebeur.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Jy moet versigtig wees met skerp toestelle. Met jou huidige sterre kan enige sny of skraap maklik ontsteek. Al doen jy net ’n papiersny op, moet jy sorg daar kom nie bakterieë in nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Wonderlike goed gebeur, veral wanneer die betowerende planeet Neptunus in jou hoek van liefde en romanse is – soos vandag in jou geval. Daar is ook goeie sterre vir klein gelukslae. Dalk moet jy ’n loterykaartjie koop. Dis ’n goeie dag.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Vandag bring ’n paar rekeninge mee wat jy nie kan ignoreer nie en hulle is natuurlik groot. Dit help nie veel om jou te verknies nie. Betaal is die wet van Transvaal.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Dis ’n dag waarop jy regtig saam met mense moet probeer werk. Almal weet jy slaan liewer jou eie koers in en probeer self die mas opkom, want jy hou nie daarvan om op ander mense staat te maak nie, maar soms maak vele hande ligte werk.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Jy begin met iets met die verstandhouding dat jy enige tyd kan ophou en na die ou stelsel terugkeer. Maar ons almal weet dit is ’n vergissing, want dinge sal nie dieselfde wees as jy teruggaan nie. Soms moet ons net die nuwe aanvaar.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Met dié dat joune die teken van die dromer is, sal dit vir jou geen verrassing wees om agter te kom jy droom nie. Maar aangesien die maan in jou hoek van die liefde en romanse is, sal jy oor buitengewoon persoonlike goed droom.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Daar is goeie sterre vir goed wat met die huis verband hou. Jy werk nou al ’n rukkie aan jou huis en bereik vandag ’n mylpaal. Kom die een of ander vakman dalk vandag by jou inloer?

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Iemand gaan ’n taak oorneem wat jy doen of voorheen gedoen het, en dit verbrou. En omdat jy reeds verantwoordelikheid daarvoor aanvaar het, sal die gemors onder jou naam wees.

TWEELING (May 21 to June 21)
Gaan jou geldsake na. Die naweek kom nader en jy sal dan groot rekeninge moet betaal. Wat jy veral nie wil hê nie, is dat jy gemeen en onbedagsaam voorkom. Jy moet dalk ook iemand se geheue verfris.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Vandag begin jy nuwe projekte. Dit is nie die Gariepdam nie; dis nie eens ’n poel in die agterplaas nie. Maar dit is iets wat jy behoorlik wil doen, want jou reputasie hang van die sukses daarvan af.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Om die een of ander rede sal die mense om jou daarop aandring om ou koeie uit die sloot te grawe. Jy sou nie omgee om oor die verlede te praat nie as hulle nie gekonsentreer het op goed wat jou laat simpel lyk en voel nie. Dis ’n moeilike situasie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>