Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 17 September 2014

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman


VERJAARDAGVERSLAG:
Van jou spesiale planne gaan vanjaar voor jou inmekaarval. Gelukkig het jy voorsorg getref; al sal jy dus nie al jou persoonlike doelwitte bereik nie, gaan jy baie van hulle bereik en aanbeweeg na beter dinge.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie mens gaan sukses behaal in sake wat met water verband hou. Dit beteken hulle gaan ’n goeie swemmer wees en kan dalk tot Olimpiese vlak vorder. Hulle gaan ook vaardig wees met voedsel en allerhande lekkernye.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Die sterre lyk goed vir tyd saam met vriende deurbring. Daar is baie om te bespreek en te leer; luister dus na wat gesê word, want dit wat jy hoor, sal iewers in die nabye toekoms nuttig wees.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Ek dink nie vandag se sterre bring ’n groot bevordering nie, maar dit blyk daar word meer verantwoordelikheid aan jou opgedra. Gewoonlik is dit by die werk, maar daar in ’n sekere opsig ander faktore betrokke. Jy kan die taak afhandel.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Daar gaan besprekings wees wat driftig kan word; dit is dalk ’n goeie idee dat jy nie betrokke raak nie. Daar is goeie sterre vir inkopies doen; dié sterre lewer soms winskopies op.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Daar blyk onenigheid om jou te wees. Met Mars in jou teken en jou agtste hoek van geaktiveer word, gaan jy onder die versoeking wees om iemand by te dam. Speel slim en kies jou gevegte; ignoreer die klein irritasies.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Dit is ’n dag waarop jy met ’n vennoot of selfs in ’n groep moet werk. So gaan jy meer afhandel en met enige foute wat opduik, gaan jou vennote met die gebakte pere sit.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Verkwalik jou sterre as jy vanoggend effens olik gevoel het. Teen vanmiddag of vanaand behoort jy heelwat beter te voel. Daar is ook goeie sterre vir werk.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Jou sterre lyk goed vir die liefde en romanse. Dit is dalk nie goed genoeg vir iets in die middag nie, maar dit gaan jou tot die aand bybly. Jy kan ’n klein, romantiese geskenk huis toe neem en die sterre vir jou laat werk.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Iets kom tot ’n end; eintlik gaan jy dit eindig. Dit is moeilik om te sê wat dit presies is, maar dit gaan dalk verband hou met een of meer vertrekke by die huis.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Jy sal vandag baie rondbeweeg. Ek dink nie jy sal baie met al hierdie aktiwiteit uitrig nie, maar ten minste gaan jy nie verveeld rondsit nie. Jy gaan ’n boodskap van ’n familielid kry.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)
Jy moet liefs jou banksaldo nagaan, veral as jy debietorders het, want die sterre dui aan daar gaan ’n soort vernedering wees oor geld, meer spesifiek die gebrek daaraan. Jou spaargeld kry weer ’n knou.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Die middel van die week is ’n goeie tyd vir nuwe projekte. Dis ook maar goed so, want jy gaan vandag iets nuuts begin, of dalk word iets namens jou begin en jy moet dit maar aanvaar.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Jy sal baie tyd bestee aan sake wat buite beheer blyk te wees. Nou moet jy jou takt en diplomasie inspan. As jy soos ander tekens oorhaastig is, gaan jy ’n situasie skep.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>