Model: Honda CR-V 2,0 Comfort
Honda se CR-V is al lank ’n gunsteling by diegene wat van ’n betroubare sportnutsvoertuig hou, en die jongste reeks se voorwielaangedrewe intreevlakmodel gaan vir seker nog sulke kopers se aandag trek.
Die ontwerp is egter valerig en die binneruim aan die somber kant, maar die gehaltemateriale, ruimte en gemaklike rit vergoed daarvoor.
Daar is al die nodige geriefskenmerke en die intreevlakmodel het materiaalbekleedsels.
In die geheel voel die CR-V stewig op die pad, en danksy goeie klankdigting hoor jy skaars ’n geluid van buite. Dié Honda is ongetwyfeld steeds ’n gesinsvriendelike ryding, maar troon nie noodwendig uit bo sy mededingers nie.
Maar, in die geheel is die Cr-V ’n goeie sportnutsvoertuig wat jou nie sal teleurstel nie. Hy is reg vir
elke dag gebruik én vir langer afstande
- PRYS R306 800
- ENJIN 2,0 L-viersilinderpetrol; 114 kW, 192 Nm
- VERRIGTING 0-100 km/h in 10 sek., topspoed 190 km/h; 7,2 L/100km
- MEDEDINGERS Toyota RAV4, Mitsubishi ASX, Hyundai iX35
- ONS HOU VAN Hondabetroubaarheid en ruimte
- DIT PLA Hy lyk maar vervelig