Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vyf goed wat jy moet oorweeg voor jy ’n troeteldier kry

$
0
0

Sal dit nie lekker wees as ’n klein bolletjie wol jou elke dag stertswaaiend tuis verwelkom nie? ’n Troeteldier is ’n wonderlike maat en wetenskaplikes het al in verskeie studies bevind dit hou talle voordele in om ’n troeteldier aan te hou.

Voor jy op jou fiets klim en troeteldierwinkel toe jaag, vra jou dié vyf vrae af:

  1. Is jy gereed vir ’n lewenslange verpligting? ’n Troeteldier is nie net iets wat nou jou behoefte aan ’n maat bevredig nie. Jy moet bereid wees om hom sy hele lewe lank te versorg.
  2. Kan jy ’n troeteldier aanhou waar jy woon? As jy in ’n piepklein woonstel woon, is dit dalk nie die beste idee om ’n groot hond te kry nie. Maak seker jou huis is toegerus vir jou troeteldier, byvoorbeeld is daar ’n katdeurtjie of venster wat jy vir jou kat oop kan los?
  3. Wie gaan jou troeteldier voer en met hom gaan stap? As jy dikwels nie by die huis is nie, sal jy vooraf met jou broer, suster of ouers moet gesels oor wie se verantwoordelikheid jou troeteldier gaan wees wanneer jy nie daar is nie, selfs al is dit net vir een aand wanneer jy na ’n oorslaappartytjie toe gaan.
  4. Gaan jy jou troeteldier potjiedissipline leer? Hondjie en katjies moet almal geleer word hoe en waar hulle hul ding moet doen. Belê maar solank in ’n bollieskoppie as jy agter jou hond moet skoonmaak.
  5. Is jy bereid om jou troeteldier te bad, te kam, en te versorg wanneer hy siek is? Nes mense moet honde ook goeie higiëne hê en die verantwoordelikheid daarvoor berus by die eienaar. As jy ’n kat wil hê, sal hy gelukkig self hiervoor sorg!

-         Shané Barnard

Bronne: ADOPTAPET.COM, PETMD.COM, EVERYDAYHEALTH.COM


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>