Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 16 September 2014

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:
Jy gaan oor ’n paar belangrike sake van mening verander en verskeie toestande uit jou lewe elimineer. Jy gaan deur ’n belangrike struikelblok in die gesig gestaar word, en gaan dit vinnig die hoof bied. Van daar lyk jou pad oop.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:
Hierdie persoon is intelligent en baie oplettend. Hulle gaan probleme met vindingrykheid en energie oorkom. Hulle is vaardig met spraak en skrif en kan dus daarmee ’n salaris verdien. Hulle reageer op nuwe idees en konsepte.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Die maan in haar laaste kwart is tans in jou hoek vir roem, rykdom, loopbaan en ego. Dit is ’n goeie posisie vir die maan, want dit bring situasies wat jou ego streel en jou dinge laat waardeer.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Vandag aktiveer die negende hoek van jou horoskoop. Dié hoek raak reis van alle soorte, maar meestal langafstandreis. ’n Lang reis sal nou lekker wees, en jy gaan planne begin maak.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Vandag se sterre begin gewoonlik die een of ander rekening. Natuurlik is dit ’n grote, iets wat jy nie kan ignoreer nie en iets wat binne ’n gegewe tyd betaal moet word. Die punt is, as jy koop, moet jy betaal.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Daar is redelik goeie sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. Hier is waar jy baie nader aan iemand gaan voel en hulle gaan nader aan jou wil wees. Daar kan dalk ook onverwagte intimiteit wees.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Soms bring vandag se soort sterre klein gesondheidsprobleme. Dit kan so eenvoudig wees soos ’n papier-snywond of so erg soos dat jy jou kop teen ’n oop kasdeur stamp. Tref dus die nodige voorsorg.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Die maan in haar laaste kwart gaan jou hoek vir liefde en romanse aktiveer. Dit gaan jou dalk nie in die wolke hê nie, maar jou hart gaan wel ’n bietjie vinniger klop. Al wat jy moet doen, is om ’n romantiese atmosfeer te skep.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Iets kom eindelik op ’n end. Dit is nie iets groots nie, maar dit is iets waarvoor jy gewag het, want dit beteken jy kan een projek met ’n ander vervang en fokus op beter en groter toekomstige projekte.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Daar is tans baie aktiwiteit om jou, dalk ’n bietjie te veel. Mense sal om verskeie redes oor dinge stoei en jy gaan meestal soos ’n spaarwiel voel. Probeer ontspan.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Die Bul is vaardig met geldsake; jy werk te hard om agtelosig met jou geld te wees, maar vandag gaan jy geneig wees om swak te koop en nuttelose items te koop. Is dit moontlik dat jy jou kredietkaarte by die huis kan los?

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)
Jy sit al weer tussen twee vure. Dit het in die laaste tyd so dikwels gebeur dat jy al dink jy het ’n sitplek met ’n naambordjie. Soos gewoonlik is al raad dat jy die mindere van twee euwels moet kies.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Die sterre aktiveer vandag jou 12de hoek. Dit is die hoek wat verband hou met foute in die verlede, hede en toekoms. Nou wonder jy of ’n fout van jou wat jy geïgnoreer het jou nou duur te staan gaan kom.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Vandag kry jy iets wat jy wou hê. Dit is nie iets groots nie, maar dit is lekker wanneer iets kleins na jou sin verloop. Daar is ook goeie sterre vir tyd saam met vriende. Bel dus ’n vriend en gaan kuier oor ’n koppie koffie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!