Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Gee depressie ’n bloedneus

$
0
0

 

Dis heeltemal normaal om gemoedskommelings te ervaar, maar dis tog raadsaam om op jou gevoelens te let sodat jy kan bepaal of jy dalk depressief raak.

Depressie is ’n baie werklike siekte en moet as sodanig behandel word. As  enige van die volgende simptome langer as ’n paar weke voortduur, moet jy dit oorweeg om hulp te kry. Die lys is nie volledig nie, maar dit sal jou ’n goeie idee gee van dit waarna jy op die uitkyk moet wees.

Buierigheid

Jy begin dalk agterkom alles pla jou meer as gewoonlik. Dit kan ’n waarskuwingsteken wees as jy prikkelbaarder as gewoonlik is of as vriende en familie opmerk jy is “knorrig”.

Emosionele probleme kan jou ook begin onderkry. Gevoelens van hopeloosheid en waardeloosheid is tekens van depressie, en so ook ’n onvermoë om die goeie in situasies raak te sien en te voel niks sal uitwerk nie. As jy sonder rede aan die huil gaan, kan dit ook ’n gevaarteken wees.

Lusteloosheid 

’n Skielike verlies aan belangstelling in jou stokperdjies of sosialisering kan ’n teken wees dat jy aan depressie ly. Die lusteloosheid kan ook liggaamlik manifesteer sodat jy nie soggens kan opkom nie. Jy sukkel dalk ook om by die werk of met jou studie by te bly en voel heeldag uitgeput.

Ongewone gedrag

Let ook op daarna as jy aansienlike veranderings in jou daaglikse roetine bespeur. Veel meer of minder as gewoonlik eet of slaap kan ’n teken van depressie wees.

Dit kan ook ’n rede tot kommer wees as jy skielik roekeloos begin optree. As jy skielik te veel begin drink, dwelms gebruik of jouself in gevaarlike situasies plaas, is dit tyd om hulp te kry.

Afbrekende gedagtes

Ons is almal menslik en ons maak almal foute. Dis normaal om af en toe te tob oor iets wat jy “verkeerd” gedoen het, maar sorg dat die skuldgevoelens nie oorneem nie. Veral as dit op jou dag inbreuk maak of veroorsaak dat jy konsentrasie verloor, kan dit dui op depressie.

Selfdoodgedagtes moet ook baie ernstig opgeneem word. Natuurlik het die meeste mense al vir ’n oomblik gedink hulle wil doodgaan, maar die ernstige oorweging van selfdood is ’n teken van depressie. In so ’n geval moet jy dadelik professionele hulp kry.

Kry hulp

As jy vermoed jy is depressief, is dit belangrik om professionele hulp te kry. Reël ’n afspraak met jou dokter wat jou na die beste mens sal kan verwys wat jou kan help.

Daar is goed wat jy kan doen om jouself te help, soos om sover moontlik ’n gesonde eetplan en slaaproetine te volg. Maak sport of kalmerende aktiwiteite soos joga of meditasie deel van jou dag. Dit sal jou opgeruimd help hou. En moenie wegskram van ander mense nie – jou vriende en familie is daar om jou te ondersteun terwyl jy die siekte klop.

© Cover Media

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>