KykNET is trots om ’n handelsmerk-uitbreiding van Kokkedoor aan te kondig. Koekedoor is ’n splinternuwe bakkompetisie en inskrywings open Maandag 8 September.
KykNET en Koekedoor is op soek na die land se beste, veelsydigste amateurbakkers.
Klik hier om die inskryfvorm af te laai.
‘Net soos Kokkedoor val die fokus op tradisie en vernuwing.’
Net soos Kokkedoor val die fokus op tradisie en vernuwing, maar word daar nie in spanne meegeding nie.
In die soektog na die eerste Koekedoor is daar kontantpryse asook weeklikse pryse op die spel.
Daar is iets baie spesiaals aan bakwerk: Die afmeet en weeg van uiteenlopende bestanddele tot ’n volmaakte produk wat met vernuf afgerond en voorgesit word.
Bak is ’n groot deel van ons Afrikaanse geskiedenis; of ons lag of huil, troue of begrafnis hou, word daar deurlopend gebak.
‘Bak is ’n groot deel van ons Afrikaanse geskiedenis.’
Daar bestaan ook so ’n ryk skatkis wenke en tegnieke wat deur generasies heen mondelings gedeel word.
Koekedoor wil bakwerk vier en die kos-revolusie van Kokkedoor met tradisionele en vernuwende denke voorsit.
Die term “bak” verwys na die bereiding en bak van produkte soos brood, koek, soetgoed, pasteie, terte en beskuit of koekies.
Is jy Suid-Afrika se volgende bobaas-bakker? Klik dan hier om die inskryfvorm af te laai.
Meer inligting is beskikbaar op die kykNET-webtuiste, http://kyknet.dstv.com/.