Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Wat om die naweek te kyk

$
0
0

Vrydag

Under Siege

e.tv 20:30

Steven Seagal is sjef op ’n oorlogskip met ’n verskil: Hy is ook ’n voormalige elite-soldaat in die Amerikaanse vloot en hy gaan behoorlik afreken met terroriste wat die kernwapens op sy skip probeer steel.

Fighting Tommy Riley

SABC1 22:00

’n Ouskoolse boksafrigter kry nuwe lewenslus toe hy ’n tawwe jong bokser, wat teen sy eie duiwels baklei, onder sy vlerk neem en hulle albei hul plek in ’n samelewing probeer vind wat nie meer vir hul omgee nie.

Bullet To The Head

M-Net 01:30

’n Huurmoordenaar en korrupte polisieman span saam om van hul gemeenskaplike vyand ontslae te raak. Klink na ’n gedugte kombinasie!

Saterdag

Robot & Frank

M-Net Satellite 17:00

’n Juweeldief probeer een laaste rooftog in ’n poging om sy nuwe liefde se hart te wen. En hy gebruik sy nuwe robot-butler om hom te help!

Ice Age

e.tv 20:00

’n Mammoet, sabeltandtier en lawwe luidier span saam om ’n verlore baba van ’n Neanderdal-stam terug te besorg. Praat van ’n vreemde spulletjie!

Shadow Dancer

M-Net Satellite 01:00

Daar is ’n binnespioen in die Britse intelligensie-agentskap MI5. En wie gaan help om hom uit te lig? ’n Agent vir die Ierse Republikeinse Weermag, natuurlik.

Sondag

Bandits

SABC1 20:00

Twee misdadigers wat die perfekte rooftog beplan het, het van een klein faktor vergeet: Dat hul albei op die mooi gyselaar sou verlief raak.

District 9

e.tv 20:00

’n Regeringsbeampte wat ruimtewesens uit Johannesburg moet uitsit, is betrokke by ’n chemiese storting wat hom in ’n ruimtewese verander en hy moet dan vlug vir sy lewe. Dis die fliek wat Sharlto Copley en Suid-Afrika op die internasionale rolprenttoneel geplaas het.

A Time To Kill

e.tv 22:20

’n Swart man vermoor die twee wit mans wat sy jong dogter verkrag en vermoor het. Hy kry dan hulp uit ’n onverwagte oord – van ’n jong wit prokureur. Dis Samuel L Jackson en Matthew McConaughey op hul beste!


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>