Die 18-jarige Don Steenkamp, wat 20 jaar tronkstraf vir die moord van sy gesin opgelê is, gaan teen sy vonnis en skuldigbevinding appelleer, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) Dinsdag gesê.
“Hulle het die appèlvorms ingedien en dit is vir die skuldigbevinding en vonnis,” het die NVG-streekswoordvoerder Mashudu Malabi gesê.
Op 13 Augustus het regter-president Frans Kgomo Don tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir elk van die drie moorde, 12 jaar vir verkragting en vier jaar vir regsverydeling. Die vonnisse gaan gelyktydig uitgedien word.
Don is skuldig bevind van die moord van sy ouers, die Griekwastad-boer Deon Steenkamp (44), sy vrou, Christel (43), en sy suster, Marthella (14). Hulle is op 6 April 2012 op hul plaas, Naauwhoek, doodgeskiet. Hy het Marthella ook verkrag en vir die polisie gejok.
- Sapa