Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Verkoel: 1 uur
Gaarmaak: 45-50 min.
4-6 hoenderporsies
500 ml (2 k) karringmelk
olie vir diepvetbraai
MEELMENGSEL
375 ml (1 ½ k) meel
20 ml (4 t) gerookte paprika
20 ml (4 t) knoffelpoeier
5 ml (1 t) tafelsout
5 ml (1 t) hoenderspeserye
20 ml (4 t) gemengde
gedroogde kruie
sout en vars gemaalde peper
KAPOKAARTAPPEL
6 groot aartappels, geskil en gekook
250 ml (1 k) ertjies, geblansjeer
15 ml (1 e) botter
15 ml (1 e) melk
Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n groot bakplaat.
- Sit die hoenderporsies in ’n groot glasbak en giet die karringmelk oor. Meng goed, bedek met kleefplastiek en verkoel 1 uur.
- Meelmengsel Meng al die bestanddele en geur met die sout en vars gemaalde peper.
- Haal die hoender uit die karringmelk (maar behou die karringmelk), rol in die meelmengsel, doop weer in die karringmelk en rol weer in die meelmengsel.
- Verhit die olie vir diepvetbraai. Braai die hoender in sarsies tot goudbruin (sowat 1 min.).
- Pak die hoender op die draadrakkie en bak verder 40-45 min. of tot gaar in die oond.
- Kapokaartappel Druk al die bestanddele saam fyn, geur met die sout en peper en sit saam met die hoender en ’n roketen-radysslaai voor.