Genoeg vir 6
Bereiding: 15 min.
Kook: 2 uur
Marineer: 2 uur of oornag
6 beeskortribbe
375 ml (1½ k) gewone jogurt
sap van 2 lemoene
5 ml (1 t) borrie
5ml (1 t) droë rissievlokkies
5 ml (1 t) sout
45 ml (3 e) olie
2 uie, gekap
8 groen kardamompeule
1 pypkaneel
15 ml (1 e) knoffel en gemmerpasta
8 vars tamaties
1 blikkie (400 g) gekapte tamaties
675 ml (2½ k) warm water
10 ml (2 t) fyn koljander
10 ml (2 t) medium kerriepoeier
10 ml (2 t) fyn komyn
’n knippie fyn naeltjies
5 ml (1 t) swartpeper
ekstra sout
’n hand vol vars koljander vir garnering
- Maak ’n paar diep snye in die dikste deel van die ribbe en sit dit in ’n niemetaalbak.
- Klits die jogurt, suurlemoenskap, borrie, rissievlokkies en 5 ml (1 t) sout saam. Gooi die marinade oor die ribbe en vryf dit in die snye. Plaas twee uur of oornag op ’n koel plek.
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Verhit olie in ’n groot, oondvaste pot. Voeg die uie, kardemompeule en kaneel by en braai oor matige hitte vir vyf minute of tot uie sag is.
- Roer die knoffel- en gemmerpasta by en kook nog ’n minuut sonder dat die pasta bruin word.
- Maak die vars tamaties fyn in ’n menger en giet oor die uie. Voeg die geblikte tamaties by en laat 15 minute vinnig kook of tot die sous effens verdik het. Roer die water en oorblywende spesery by. Geur na smaak met sout.
- Plaas die ribbe met hul marinade in die pot en roer tot die vleis goed bedek is. Plaas ’n deksel op die pot of ’n stywe laag foelie en bak ’n uur in die oond.
- Verwyder die deksel, meng goed om die vleis goed met die sous te bedek en rangskik dan die ribbe in ’n enkele laag in die sous. Bak onbedek vir nog ’n uur of tot die vleis van die been val.
- Bedien dadelik met ’n tikkie vars koljander bo-op.
Deur Hope Malau