Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

’n Nuwe soort emmer-uitdaging

$
0
0

Almal doen dit – bekendes en onbekendes. Die Ice Bucket Challenge, waartydens iemand ’n emmer yswater op hulle uitgooi ter bewusmaking van MNS (motorneuronsiekte), het die wêreld aan die brand.

Maar Palestyne het met ’n nuwe weergawe daarvan vorendag gekom: Hulle gooi ’n emmer vol bourommel (oorblyfsels van geboue wat gebombardeer is) oor hulle ter bewusmaking van die politieke situasie in Gasa.

Die Palestynse joernalis Ayman al-Aloul en die komediant Mohammed Darwaza van Jordanië het die Rubble Bucket Challenge uitgedink en twee video’s op die internet geplaas waarin hulle dit doen.

Ayman sê in die video: “Ons het nie water nie, maar dié het ons wel.” Hy staan langs ’n emmer vol klipafval tussen vernielde geboue, wat deur die konflik tussen Palestina en Israel beskadig is.

In nog vreemde weergawes van die uitdaging het die akteur Matt Damon toiletwater oor hom gegooi om die kwessie oor die tekort aan skoon water in ontwikkelende lande uit te lig.

In Indië het die joernalis Manju Latha Kalanidihi die Rice Bucket Challenge begin deur ’n emmer vol rys te maak, dit vir ’n behoeftige persoon te gee en ’n foto daarvan op die internet te plaas met die hutsteken #RiceBucketChallenge.

Op ’n ligter noot  is hier ’n video van ’n vrou wat die Ice Bucket Challenge op die rug van ’n perd doen.

Bronne: Independent.co.uk, Time.com, Dazeddigital.com


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>