Nana Sophie word in Oktober 105, maar van sosiale media kan jy haar niks vertel nie.
Die honderdjarige ouma van Chesapeake City in die Amerikaanse deelstaat Maryland is die wêreld se oudste gebruiker van Facebook, Twitter en Instagram.
Sy is op 15 Oktober 1909 gebore, drie jaar voor die Titanic gesink het.
Nana, oorspronklik van Staten Island, New York, het meer as 10 000 Facebook-aanhangers gelok sedert sy in 2010 aangesluit het, maar haar doelwit is om 25 000 te bereik.
Die gewese telefoonoperateur is versot op die nuwe kommunikasiemetode en sy vra haar agterkleinkinders, Joseph (15) en Dylan (12) Scuderi, om haar te help berig News.com.au.
Sy is ook nie al hoogs bejaarde wat sosiale media gebruik nie. Die vorige oudste Twitter-gebruiker, Ivy Bean van Bradford in West Yorkshire, Engeland, is in 2010 op 104 oorlede nadat haar blad ’n merkwaardige 56 300 aanhangers gelok het.
Volg haar op Facebook
Volg haar op Instagram
Volg haar op Twitter
NANA Sophie turns 105 in October — but she’s a social media fiend. http://t.co/eZhdvbLw9J via @newscomauHQ follow me #nanasophie1909 #IG
— NanaSophie1909 (@NanaSophie1909) August 26, 2014
Bronne: News.com.au, Facebook, Instagram, Twitter