Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vrou voer haar dogter lintwurm sodat sy gewig kan verloor

$
0
0

Ons het al almal van ’n paar dieetgiere gehoor, maar ’n vrou van die Amerikaanse deelstaat Florida het tot uiterstes gegaan om seker te maak haar dogter lyk op haar beste vir ’n skoonheidskompetisie: Sy het die meisie skelmpies lintwurm-eiers gevoer.

In ’n onlangse episode van die program Untold Stories of the ER het die pediatriese verpleegster Maricar Cabral-Osorio verduidelik sy het eers vermoed die meisie is swanger, maar ’n ultraklank-skandering het gewys haar baarmoeder is leeg, maar sy het ’n maag vol wurms.

Sy verduidelik: “Almal was verward oor hoe die parasiete, wat gelewe het, in die meisie se maag beland het. Toe sien ons die ma spierwit raak.”

Die ma het erken sy het ’n dieetpil met lintwurm-eiers in Mexiko gekoop en haar dogter gedwing om dit te drink. “Ek het dit net gedoen om jou ’n bietjie skraler te maak. Jy het voor die kompetisie nog ’n bietjie hulp nodig gehad.”

Kyk hier na die program se uitbeelding van die voorval.

Volgens dr. Patricia Quinlisk, ’n spesialis in voorkomende medisyne van Iowa, is lintwurms al meer as 100 jaar vir gewigsverlies gebruik.

“Die inname van lintwurms is uiters gevaarlik en kan ’n wye reeks onstabiele newe-effekte veroorsaak, insluitend die dood.”

Die wurms heg hulle aan die gasheer se dermwand en neem dan voedingstowwe en kalorieë op. Dit kan tot 9 lank word en 20 jaar binne die gasheer leef.

Dit is onbekend of die ma van kriminele klagte aangekla word.

- Janine Nel

Bronne: dailymail.co.uk, discoveryfitandhealth.com


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>