Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Sondag 24 Augustus 2014

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

16:00 Extant (M-Net): John begin in Molly se geestestoestand twyfel toe haar swangerskap bevraagteken word.

17:00 The Middle (M-Net): Frankie en Mike raak bekommerd oor Brick se irrasionele vrese. Intussen word Sue uit die veld uit geslaan met die spontane soen tussen haar en Derrick Glossner.

17:30 Idols SA (M-Net): Kyk hoe die beoordelaars, Gareth, Unathi en Randall, Suid-Afrika se volgende Idol soek.

18:00 Glam Guru (KykNET): In die opwindende nuwe Glam Guru-reeks gaan kykers snak hul asem soos Hannon Bothma en sy span weer voorkomswonderwerke verrig.  

18:30 DEKATv (KykNET): Die span gesels met die dramaturg Pieter Fourie, wat Faan se Trein neergepen het. Aleit is omring deur ougoed, roomys en vis in Kalkbaai. Hulle kuier ook op die mooie wynplaas Simonsig.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar.

19:30 Jam (KykNET): Bring jou gunsteling-instrument en jam saam. Die Jam-span sal jou al die musiekmedisyne gee wat nodig is om vir jou krag te gee vir die nuwe week!

20:00 Safe Haven (M-Net):  ’n Jong vrou raak verlief op ’n wewenaar wanneer sy na ’n klein dorp toe trek om weg te kom van haar verlede.

20:00 Special Assignment (SABC3): ’n Span joernaliste ondersoek probleme en indiepte-nuusstories wat Suid-Afrikaners tans in die gesig staar.

20:30 Revenge (SABC3): Emily wil wraak neem op ’n makelaar wat haar pa in die rug gesteek het om homself te beskerm.

21:30 Pandjiewinkelstories (kykNET): Die Rev. Mills gaan van gemeente tot gemeente en land eindelik in die stad waar onder andere Skroef die kerkie met moeite aan die gang hou. Die Rev. het ’n geskiedenis van ontslag agter hom omdat hy, wanneer hy voor ’n gemeente staan, vervaard raak en sy tong vasslaan. Hy voel geroepe, maar kan nie preek nie. Met sy aankoms in die stad is sy kinderlike goedhartigheid nie teen die straatkinders se bedeltogte bestand nie. Sonder geld probeer hy in Hillbrow ’n rekening open en beland tussen die masseuses van Thrill of Your Life.

21:30 Dallas (SABC3): John Ross het besluit om by Southfork in te trek. Rebecca gee Bobby en Christopher inligting wat dalk die plaas kan red.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>