Dit is vanaand op die kassie:
15:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.
15:50 Idols SA (M-Net): Kyk hoe die beoordelaars, Gareth, Unathi en Randall, Suid-Afrika se volgende Idol soek.
18:00 Kwêla (kykNET): Die avonturier Vasti Geldenhuys is op die bank om te praat oor haar tog op ’n roeiboot van Marokko tot New York saam met haar kêrel, Riaan Manser. Die Kwêla-span gaan kuier by die kosskrywer Niel Stemmet en gaan maak ook ’n draai by die indrukwekkende “wolbom” by die Voortrekkermonument.
18:30 Mike & Molly (M-Net): Molly en een van Peggy se oudste vriendinne, Key McKinnon, raak gou heg bevriend, maar Peggy is nie baie gretig om haar vriendin met Molly te deel nie.
19:00 Wipeout (SABC2): Deelnemers ding mee teen mekaar om die grootste hindernisbaan ter wêreld te voltooi.
19:00 Beauty And The Beast (M-Net): Vincent en Cat probeer wegkruip van die bose, maar dan kontak die FBI hulle vir hulp met ’n onverwagse saak.
19:00 Strictly Come Dancing (SABC3): Suid-Afrikaanse bekendes ding teen mekaar mee deur saam met beroepsdansers te dans.
19:30 Jukebox (kykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.
20:00 Madagascar: Escape to Africa (e.tv): ’n Groep diere wat in Madagaskar gestrand is, herstel ’n stukkende vliegtuig en probeer terugvlieg Amerika toe, maar beland dan eerder in Afrika.
21:30 Singstories (kykNET): Die Broers sing nie net liedjies nie, hulle lewe musiek en skep ’n klankbaan vir die lewe.
22:00 Two and a Half Men (M-Net): Alan laat Lyndsey se kêrel toe om vir hom ’n toe-oogafspraak te reël. Intussen help Walden Nicole met haar projek sodat hy meer tyd saam haar kan deurbring.