Hier is ’n paar interessante feite oor die bekroonde akteur, wat gister oorlede is.
1. Op hoërskool is hy aangewys as die een wat die onwaarskynlikste suksesvol gaan wees
Ons dink Robin lag laaste. . .
2. Hy het in New York op straat as mimiekkunstenaar gewerk
Voor hy bekend geword het, het hy ’n bietjie wit gesigverf aangesmeer en buite New York se Museum of Modern Art sy brood verdien, sê Screen Crush.
3. Hy het in 2010 ’n hartoperasie ondergaan
Dokters het drie en ’n half uur gespook om sy aortaklep te vervang. Soos verwag, het hy “ ’n paar uur ná die operasie die mediese span vermaak en ons almal laat lag”, het sy dokter aan US Weekly vertel.
4. Hy het tydens die verfilming van Schindler’s List grappies vertel om die gemoedere te lig
Tydens die verfilming van die swaarmoedige fliek het die regisseur, Steven Spielberg, sy vriend ingeroep om die akteurs ’n bietjie op te beur.
5. Hy was saam met Christopher Reeve op skool
Robin en Christopher het saam die gesogte Juilliard-skool bygewoon, en was die enigste twee studente wat gekeur is vir die gevorderde program met die veteraanakteur John Houseman.
6. En Robin het teaterklere aangetrek en Christopher ná sy ongeluk in die hospitaal verras
Presies wat Patch Adams sou gedoen het. Christopher daaroor geskryf in sy outobiografie, Still Me:
“Toe, in ’n uiters bleek oomblik, vlieg die deur oop en in stap ’n kort, dik kêrel met ’n blou teaterkep, geel teaterjurk en bril en praat met ’n Russiese aksent. Hy het hom as my proktoloog voorgestel en het gesê hy moet my onmiddellik ondersoek. Dit was Robin Williams. Dit was die eerste keer sedert die ongeluk dat ek gelag het. My ou vriend het my laat weet ek gaan op ’n manier oukei wees.”
7. Robin het die meeste van sy dialoog in Mork & Mindy en Aladdin geïmproviseer
Robin het so baie van sy dialoog as Genie in Aladdin geïmproviseer dat Die Akademie vir Filmkuns en Wetenskap die fliek se Oscar-benoeming vir die beste aangepaste draaiboek geweier het. Robin verduidelik in ’n AMA (Ask Me Anything) op Reddit:
“Aan die begin het hulle kom luister. Ek het gevra of hulle omgee as ek iets probeer, en 18 uur later is die karakter gebore. Ek het net begin rondspeel, en hulle het gesê: ‘Ja, doen so voort.’ Toe improviseer ek die karakter. Ek dink aan die einde het ek iets soos 40 verskillende stemme in daardie rol gebruik.”
8. Hy het dit die meeste geniet om Jack Nicholson na te boots
Selfs die veelsydige naboots-koning het sy gunsteling. “Hy het een keer by ’n liefdadigheidsgeleentheid langs my gesit. Hy het oorgeleun en in ’n baie intense stem my oor gefluister: ‘Selfs oesters het vyande,’ ” het Robin gesê. “Ek het geantwoord met: ‘Verhoog jou dosis.’”
9. Hy het ’n sekswinkel as Mrs. Doubtfire besoek
“Ek het in San Francisco by ’n sekswinkel ingestap en ’n dildo probeer koop,” het Robin in sy Reddit AMA. onthul. “En hoekom nie? Die ou agter die toonbank het dit amper aan my verkoop, toe besef hy dit is ek – Robin Williams – en nie ’n ouer Skotse dame wat ’n groot dildo en ’n fles smeermiddel soek nie. Hy het net gelag en gevra wat ek daar soek, toe loop ek maar. Het ek die aankoop gemaak? Nee. Is dit ’n lekker storie? Ja.
10. Robin se droomrol was om die gek in Shakespeare se King Lear te speel
En hy sou uitstekend daarin gevaar het.
Bronne: usmagazine.com, elitedaily.com, cleveland.com, screencrush.com
Saamgestel deur Kirsti Buick