Sterre met Arthur Bowman
VERJAARDAGVERSLAG:
Vanjaar gaan jy dikwels van mening verander; soms gaan jou nuwe opvatting lynreg verskil van hoe jy nou daaroor voel. Daar is gelukkige sterre wat lei tot interessante ontdekkings. Jy sal dit waag om jou sê te sê.
BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Dié kleingoed is talentvol, opmerksaam en onafhanklik. Hulle is ondernemend en suksesvol danksy hul vindingrykheid en oorspronklikheid. Hulle gaan goed vaar op ’n gebied wat elektronika, vervoer, verkenning of navorsing behels.
LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Bevraagteken gerus vandag jou idees en ideale. Jy kan moontlik nie veel verander nie, maar ten minste gaan jy nadink oor van die idees wat vir ander effe onkonvensioneel is.
MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Die klem val vandag op die verlede, en veral hoe dit met die hede en die onmiddellike toekoms verband hou. Dis dalk net iemand wat die spot met jou dryf oor ’n fout wat jy jare gelede gemaak het.
WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Vandag val die klem op vriende en kollegas. Dis goed so, want dit blyk jy geniet dit nou om iets saam met ander mense te doen. Die goeie nuus is, dit hou voordele in vir julle almal.
SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Jy het uitstekende sterre om jou prestige te verbeter. Aangesien dit naweek is, vermoed ek jy verbeter jou aansien deur iets te bereik wat verband hou met ’n stokperdjie of belangstelling. Dalk wen Wagter of Kietsie iets by ’n dieretentoonstelling?
BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Weer is jou gedagtes by reis en wat op verafgeleë plekke gebeur. Met jou huidige sterre gaan jy dalk oorweeg of jy gereed is vir die een of ander soort verpligting of jou voorberei op jou droomlewe.
STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Let op hoeveel jy nou bestee. Daar wag onvoorsiene uitgawes en jy gaan ’n klein fortuin nodig hê om daarvoor te betaal. Die goeie nuus is iemand gaan jou iets present gee, iets waarna jy smag.
WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Jou huidige sterre is taamlik voordelig vir die huwelik en intieme verhoudings. Met hierdie sterre deel jy liefde en kry genoeg in ruil daarvoor. Alles verloop nou klopdisselboom en jy voel wonderlik.
VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Daar is baie om te doen, maar jy voel ’n bietjie olik en die meeste takies wat jy vir vandag beplan het, moet maar wag. Moet dit nie te lank uitstel nie; sulke goed hoop gewoonlik op wanneer jy dit afskeep.
RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Vandag bring goeie sterre vir omtrent alles, maar dit bring meestal aangename kontak met jong mense, veral baie jong kinders. Daar is ook goeie sterre vir die liefde en romanse en om dit te doen wat jou as Ram gelukkig maak.
BUL (21 Apr.-20 Mei)
Jou gedagtes is by jou huis en hoe jy dit in jou wegkruipplekkie kan omskep. Dink vandag versigtig na en maak aantekeninge, want party idees wat jy laat vaar, verdien dalk later heroorweging.
TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Jy gaan kontak maak met familielede, veral ooms, tantes, neefs, niggies en die res. Soms dui jou sterre aan jy moet ’n partytjie reël, maar vandag vermoed ek iets groters is aan die gebeur.
KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Die goeie nuus is jou finansies lyk beter. Die slegte nuus is daar gaan nog uitgawes wees voor jy kan ontspan. Moet jou nie daaroor bekommer nie; die uitgawes gaan jou nie bankrot maak nie, al voel jy dis jou voorland.