Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hoender-en-prei-pasta

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

50 g botter
500 g jong preie, in stukkies gesny
300 g hoenderborsfilette, in repies gesny
sout en peper na smaak
100 g knoffel- of salamiworsies, in ringe gesny (opsioneel)
150 g sampioene, in skyfies gesny
60 ml (¼ k) goeie mayonnaise
1 pak (500 g) fettuccinepasta, tot al dente gekook
pietersielie vir bo-oor sprinkel (opsioneel)

  1. Smelt die botter in ’n groot pan en braai die preie tot sag en gaar.
  2. Geur die hoender met sout en peper en roerbraai tot net gaar.
  3. Voeg die worsieringe en sampioene by en roerbraai tot die sampioene sag en gaar is. Roer die mayonnaise by.
  4. Sit voor met die pasta en sprinkel pietersielie oor indien verkies.

WENK
Pleks van worsies kan jy spekvleis gebruik.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!