Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute
sap van 2 suurlemoene
30 ml (2 e) gerasperde suurlemoenskil
125 ml (½ k) strooisuiker
15 ml (1 e) mielieblom
2 eiers
2 eiergele
50 g botter
400 g skilferkorsdeeg
’n handvol bessies
versiersuiker vir bestrooi
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2 Meng die suurlemoensap, skil, suiker, mielieblom, eiers en eiergele in ’n kastrol oor matige hitte. Kook 10 minute of tot dik terwyl jy roer. Klits die botter in en verwyder van die hitte. Laat afkoel.
3 Sny die deeg 30 x 20 cm. Sny repe uit die oorblywende deeg en rangskik dit om die rand van die basis om ’n raam te vorm. Prik die deeg met ’n vurk en plaas dit op die voorbereide bakplaat. Bak 15 minute. Laat afkoel.
4 Giet die suurlemoensmeer in die deegdop.
5 Bedek met bessies en bestrooi met versiersuiker voor jy dit voorsit.
- Hope Malau