Sterre met Arthur Bowman
VERJAARDAGVERSLAG:
Die sterre speel veral vanjaar ’n groot rol in jou liefdeslewe en in ’n sekere opsig ook jou hegte vriendskappe. Hierdie sterre hou geluk en tevredenheid in. Jy gaan sosiaal meer selfverseker wees en beter oor jouself voel.
BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:
Hierdie een het ’n goeie geaardheid en is vriendelik en vrolik. Sal belangstel in mense en wil diegene help wat sukkel. Hulle het ’n belangstelling in die letterkunde en drama, asook musiek, dans of beweging deur middel van musiek.
LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Vandag se sterre bevoordeel persoonlike verhoudings. Ek dink nie dit beteken jy gaan die dag in ’n vurige omhelsing deurbring nie, maar jy gaan beter oor die weg kom met die mense na aan jou; dis altyd goed.
MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Die sterre voorspel goeie interaksie met vriende en kollegas. Jou sterre gaan dalk nie veel oplewer nie, maar soms is dit lekker om net gesellig te verkeer en min te doen en sê. Die aand lyk ook belowend.
WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Daar gaan ’n klein hupstoot by die werk wees. Dis niks groots nie, maar dit gebeur dikwels: Iemand gaan jou om raad en leiding nader, wat wys hoe hoog jy op sekere gebiede geag word.
SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Jy gaan dagdroom oor iets wat verband hou met lang afstande. Terselfdertyd gaan jou gedagtes dwaal na godsdienstige seremonies soos ’n doop. Dink jy dalk daaraan om skelm te trou?
BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Jy dink vandag veral aan die liefde en romanse. Dis nie in jou aard nie; jy konsentreer gewoonlik op werkverwante sake, en los liefdesgedagtes en die res vir tye wanneer jy kan konsentreer op dit wat jy doen.
STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Baie goeie sterre vir die huwelik en intieme verhoudings. Hierdie sterre gaan jou dalk nie in die wolke laat nie, maar dit gaan lekker toestande meebring. Dis nou ’n goeie tyd om iemand te beïndruk.
WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Dié tyd van die week is gewoonlik nie ’n goeie tyd vir werk nie. Die afgelope naweek is ’n vae herinnering en die komende naweek lê nog te ver; jy blyk in ’n niemandsland vasgevang te wees. Maar die aand lyk goed.
VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Venus, die liefdesgodin, maak ’n draai op jou terrein van die liefde en romanse, en dit gaan ’n paar interessante oomblikke meebring. Al probleem is die aspekte wat hierdie romanse bring, is effe swak; jy sal dit moet aanhelp.
RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Dit is ’n goeie dag vir werk aan jou huis, al kry jy nie kans om dit met jou huis te doen wat jy graag wil nie. Jou huidige sterre maak dit moontlik om die gerief en voorkoms van talle vertrekke verbeter.
BUL (21 Apr.-20 Mei)
Jy gaan met familielede of bure praat of met hulle kontak maak. Dié kontak handel blykbaar meestal oor die een of ander soort partytjie of geleentheid. Dalk reël jy ’n verrassingspartytjie vir iemand.
TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)
Goeie sterre vir finansies. Dit beteken nie jy gaan aan die einde van die dag ryk wees nie; dalk kan jy iets spotgoedkoop kry of iets vir ’n lekker wins verkoop.
KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
’n Goeie dag om aan jou voorkoms te werk. Jou sterre bevoordeel nou oor die algemeen jou voorkoms, byvoorbeeld haarstilering, nuwe klere koop en dra of alles wat verband hou met beter lyk. Moenie dat geld jou kniehalter nie.