Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

EKSKLUSIEF! Oscar se huis verkoop vir R4,5-miljoen aan ‘n mynkonsultant

$
0
0

 

Die moordhuis van Oscar Pistorius is vir R4,5 miljoen aan ’n mynkonsultant van Boksburg verkoop.

Louwtjie Louwrens het die vierslaapkamerhuis in die Silver Woods-landgoed in Pretoria gekoop en beplan glo om dit te verhuur.

Gemeet aan vroeëre berigte was dit ’n winskoop. Oscar het die huis se waarde gedurende sy borgverhoor verlede jaar Februarie as R5 miljoen verklaar.

In Maart vanjaar het sy eiendomsagent aan AFP gesê die huis gaan gedurende ’n geslote bodproses verkoop word en die beginbod is R5 miljoen.

Met ’n geslote bodproses kan belangstellende kopers nie vooraf na die huis gaan besigtig nie. ’n Potensiële koper kry ’n stel huisplanne, maak ’n bod en betaal ’n deposito wat terugbetaalbaar is.

Die huis se oppervlakte is glo sowat 700 m2, wat beteken Louwtjie het sowat R6 428 per vierkante meter betaal. Ander huise in dieselfde landgoed wat op die oomblik op die mark is, word vir tussen R7 000 en R8 800 per vierkante meter geadverteer.

Ekstra bronne: Beeld.com, News24.com, Property24.com


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>