Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Celine Dion: Huwelik is nie speletjies nie

$
0
0

Celine Dion het verklap haar huwelik “was nie altyd maklik nie”.

Die Kanadese sangeres (45) en haar man, die talentbestuurder René Angélil (71), is al 18 jaar getroud en het drie seuns, René-Charles (12) en die tweeling Eddy en Nelson (2). Sy vertel dat sy eers in die afgelope sewe jaar behoorlik met hom leer kommunikeer het.

“Ek en René het moeilike tye beleef. Dit was nie altyd maklik nie. Daar was spanning tussen ons; dis nooit maklik om man en vrou te wees nie. Ons werk boonop saam en moet al die ekstra druk van vertonings, konserte, toere en reis hanteer. Dit was moeilik en baie harde werk.

“Tot sewe jaar gelede het ons nie behoorlik gekommunikeer nie. Ek was outyds en het dit weggesteek. Vergeet daarvan en dit sal weggaan. Ek het met my beste vriendin daaroor gesels en sy het my geleer dat dit nooit weggaan nie. Dit bly net daar en word erger. Sy het my dinge op die regte manier leer verwoord.

“Dit het die manier verander waarop ons teenoor mekaar optree. My man is ook my beste vriend. Ons vertrou mekaar met ons lewens. Ons leef vir mekaar.”

Volgens Celine is haar huwelik nou sterker en gelukkiger as tevore.

Sy het aan Vegas Deluxe gesê: “Ons lag. Ons maak grappies. Ons skerts met mekaar. Ons wil hê ons huwelik moet vir ewig hou. As jy oor alles gesels, sal jy agterkom dat jy altyd op wittebrood is. Dis die geheim.”

Die sangeres van My Heart Will Go On het bygevoeg: “Dis hartseer dat so baie mense uitmekaar gaan, dat hul liefdevolle verhoudings eindig en egskeidings plaasvind. As daar behoorlike kommunikasie was, sou hulle die skoonheid van hul eerste jare saam kon behou. Ons het dit reggekry, dus kan almal anders ook.”

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>