Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TROIAN BELLISARIO WONDER HOEKOM WORD TIENERREEKSE MISGEKYK

$
0
0

Troian Bellisario (28) het ’n interessante artikel geskryf oor die meriete van reekse wat op jong mense gemik is en hoe dit dikwels oor die hoof gesien word.

“Almal sê dis die goue era van televisie. Daar is soveel wonderlike reekse, met nuwe idees en karakters wat die grense uitdaag. Daar is ’n oorvloed gehalte-kunstenaars wat hul talent in dié medium pleks van in die rolprentwese gebruik. En daar is soveel verskillende maniere om ’n storie te vertel, ’n verskeidenheid style en genres wat alles gevier en verken word,” skryf Troian.

“Hoekom dan, met al die verskillende soorte reeks wat hierdie Emmy-seisoen erkenning kry, word reeks soos myne, ‘tienerreekse’, as nietig afgemaak? As blote bloosplesiertjies wat te jeugdig is om stof te bevat wat pryse verdien? Wat as hulle ook goeie stories vertel, net op ’n ander manier?

Troian skryf verder: “Ek vergelyk nie ons reeks met enige ander reeks nie, en ek vergelyk my nie met enige ander akteur nie (veral nie Bryan Cranston nie), maar as iemand wat in ’n tienersepie speel, kan ek vir jou sê ek werk met ’n span akteurs en tegnici wat op soek is na dieselfde waarhede oor die mens en wat ook daarna streef om hierdie waarhede met meesleurende diepte en uitnemendheid oor te dra. Ons volg net ’n anderse styl van storievertelling. En dit verdien ook ernstige oorweging.”

Besoek THR.com om die volledige artikel te lees.

Ekstra bronne: justjaredjr.com; thr.com


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>