Strandgangers is geskok en gekneus gelaat toe ’n wolkbreuk gebeur en hulle met haelstene so groot soos gholfballe looi.
Mense het die sonnige weer met ’n temperatuur van 37 °C in Nowosibirsk, Siberië, geniet toe daar skielik wolke saamtrek.
Sterk winde het die gebied getref terwyl mense aan hul besittings probeer vasklou het.
Beeldmateriaal van die ongewone weerstoestande wys hoe swemmers uit die water hardloop en hul kop met hul hande teen die haelstene probeer beskerm.