Trek almal se aandag met hierdie stap-vir-stap plan. Begin hier:
- Stap reguit na die groot groep mense in die middel van die vertrek. Stap doelgerig (dit sal lyk of jou oorloop van selfvertroue!).
- Sorg dat jou lyftaal oop is – moenie jou bene of arms kruis nie en hou jou palms oop wanneer jy praat.
- Hou die ou op wie jy verlief is dop. As hy byvoorbeeld by die kostafel uithang, gaan kry iets om te eet en begin met hom gesels.
- Kuier met almal in plaas van om heel aand met dieselfde mense uit te hang. Jy sal gewild lyk en ’n blywende indruk maak.
- Verlaat ’n gesprek voor dit te vervelig raak. Dit sal sorg dat mense jou nie met vervelig assosieer nie. ’n Besoek aan die toilet is die perfekte verskoning.
- Jy kan dalk ontoeganklik voorkom as jy in ’n groot groep uithang, daarom moet jy ook by tye net met ’n paar mense kuier.
- As jy teen 22:00 nog nie op die dansvloer was nie, moet jy dit dadelik doen.
- Sosiale vlinders moet ook rus. Gaan plof neer langs ’n oulike ou.
- WAARSKUWING: Om oor jou seer voete by ’n ou te kla = Gaap. Probeer eerder: “Hoe lyk jou aandjie?”