Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Die keer toe Riaan Cruywagen op nasionale nuus nie sy lag kon hou nie

$
0
0

Gisteraand is die eerste episode van die sangeres Karen Zoid se nuwe program, Die Republiek van Zoid Afrika, op kykNET uitgesaai. Die veteraan-nuusleser Riaan Cruywagen is ook in die program te sien as die kabinet se minister van kommunikasie.

Kykers het gisteraand gehoor van die keer toe Riaan sy lag nie kon hou nie; dit tydens ’n lewendige nasionale nuusuitsending. Die YouTube-video is op Karen se Facebook-blad beskikbaar gestel.

In dié video kan die immer professionele Riaan net nie ophou lag nie.

In die uitsending, wat ’n hele paar jaar gelede opgeneem is, word ’n paar snaakse tuisvideo’s gewys en dan is die kamera skielik op Riaan wat sukkel om sy lag te sluk. Om dinge te vererger moet hy dan verder vertel van ’n paddaspring-kompetisie. . .

Riaan lag lekker wanneer hy terugdink aan daardie aand. “Dit was nogal ’n affêre. Die ding van daardie video’s is dat dit destyds heeltemal spontaan was, wat dit net nog snaakser gemaak het. Dit was ’n dag wat ek nooit sal vergeet nie,” vertel hy laggend.
Maar hoewel hy daardie aand gedink het hy gaan in die pad gesteek word, is dié oomblik deur kykers besonder goed ontvang.

“Ons het soveel oproepe gehad van kykers wat vertel het hoe hulle dit geniet het. Selfs ’n oproep van sers. Bertus Visser van Klawer langs die Weskus. Hy het vertel dat daar daardie aand niks in Klawer gebeur het nie, toe kyk hulle maar nuus. En hy wil net vir my dankie sê, want ek het opwinding op die dorp veroorsaak.”

‘Ek dink mense het dit veral geniet, want hulle het besef nuuslesers is ook maar net mense. Ons kom altyd as stug en ernstig oor, maar kan eintlik lekker lag.”

Gaan kyk hier na die skreeusnaakse video:

- Suzanne Venter


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>