Daar’s seker niemand so volmaak soos Ansel Elgort nie. Hier is vyf redes waarom ons heeltemal behep is met hom.
- Hy kan kook. Hy weet hoe om ’n meisie se hart te laat smelt, want hy plaas gereeld foto’s en video’s op Instagram van verskillende geregte wat hy berei het en dit lyk heerlik verby!
- Hy kan ’n ordentlike vuur bou. Nie net sal hy vir jou ’n lekker tjoppie braai nie; jou pa sal hom sommer ook met graagte goedkeur!
- Hy is ’n EDM DJ. Ons is nie seker wat dit presies behels nie, maar wie wil nou nie ’n kêrel hê wat bedags ’n akteur en saans ’n DJ is nie?
- Hy kan klavierspeel. En om meer spesifiek te wees, hy improviseer pragtige liedjies halfvyf soggens op die klavier.
- Hy kan klopdans. Ons is doodernstig! Kyk ’n bietjie hier as jy ons nie glo nie: https://www.youtube.com/watch?v=Y1z2O8g8eZk
Bronne: teen.com, gurl.com, seventeen.com
- Janine Nel